Marlene Dietrich | |
---|---|
Marlene Dietrich in No Highway (1951) | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Marie Magdalene Dietrich |
Gebore | 27 Desember 1901 Schöneberg (Duitsland) |
Sterf | 6 Mei 1992 Parys (Frankryk) |
Beroep(e) | Sangeres Aktrise |
Marlene Dietrich [maɐˈleːnə ˈdiːtrɪç] (* 27 Desember 1901 in Schöneberg naby Berlyn; † 6 Mei 1992 in Parys; gebore Marie Magdalene Dietrich[1]) was 'n gebore Duitser wat bekend geraak het as 'n aktrise en sangeres.
In die vroeë dertigerjare het sy internasionale erkenning behaal met rolprente soos Der blaue Engel. Sy was dan ook die eerste Duitse aktrise wat 'n suksesvolle loopbaan in Hollywood begin het. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het sy die Verenigde State se militêre optrede teen Nazi-Duitsland gesteun nadat sy reeds in 1939 Amerikaanse burgerskap aanvaar het. Sy het haar ná haar loopbaan aan die openbare lewe onttrek en is in 1992 in haar Paryse woonstel oorlede. Sy is in haar geboortestad Berlyn ter ruste gelê.